Baie dankie, meneer die President, soos u bewus is, ly gewone verbruikers baie swaar onder die huidige ekonomiese toestande. Vertroue is op 'n laagtepunt en soveel moontlik koste word na hulle afgewentel sodat winste geoptimaliseer kan word en belasting aan die staat betaal kan word.
Die huidige vertraging in die tekening van die wysigingswetsontwerp veroorsaak dat ekonomiese ontwikkeling en groei nie gestimuleer kan word nie. Voorbeelde van waar verbruikers daagliks swaarkry, is byvoorbeeld die prysvasstelling van brood, die ho en relatief onmededingende selfoontariewe, die 100% korrelasie by al die banke en die vasstelling van byvoorbeeld prima koerse sodra die Reserwebank die tekokoers aangepas het.(Translation of Afrikaans paragraphs follows.)
[Mr S J F MARAIS: Speaker, Mr President, I will be posing the question in Afrikaans, if you would like to use your listening device.