Mnr die Voorsitter, ek gee kennis dat ek sal voorstel:
Dat die Raad -
(1) kennis neem dat die probleme wat Eskom nou reeds vir 'n onaanvaarbaar lang tyd ondervind, asook die feit dat al hoe meer bewyse aan die lig kom dat Eskom herhaaldelike waarskuwings rakende die potensile omvang van die krisis blatant en herhaaldelik oor 'n tydperk van etlike jare gegnoreer het, rede tot ernstige kommer is en 'n wesenlike bedreiging vir ons ekonomie in sy geheel is;
(2) voorts kennis neem dat -
(a) werk aan die kragstasie tans in aanbou by Ellisras dreig om heeltemal tot stilstand te kom vanwe die feit dat kontrakteurs geen betaling ontvang het vir kontrakwerk wat reeds afgehandel is nie;
(b) hierdie skokkende toedrag van sake vererger word deur die feit dat Eskom, ten spyte van hul klaaglike vertoning, die arrogansie het om hul hoofuitvoerende beampte - wat volgens alle aanduidings na regte ontslaan behoort te word - te vergoed met 'n skandalige salarisverhoging van meer as een miljoen rand, asook 'n totaal onverdiende bonus;
(c) die verskoning dat so 'n verhoging markverwant is, 'n belediging is in die gesig van elke belastingbetaler wat die koste van hierdie uitspattigheid dra, maar nie markverwante dienste gegun word nie;
(3) glo dat sulke aksies 'n mens noop om tot die gevolgtrekking te kom dat Eskom hoegenaamd geen begrip of insig het van die omvang en impak van die huidige wreldwye ekonomiese krisis nie; en
(4) gevolglik daarop aandring dat 'n dringende ondersoek na die aangeleentheid geloods word. (Translation of Afrikaans notice of motion follows.)
[Mr H B GROENEWALD: Chairperson, I hereby give notice that I shall move:
That the Council -
1) notes that the problems that have now been experienced by Eskom for an unacceptably long period, as well as the fact that more and more evidence comes to light that Eskom have blatantly and repeatedly ignored the potential extent of the crisis over a period of numerous years, is reason for serious concern and a genuine concern for our economy as a whole; (2) further notes that -
a) work at the power station at Ellisras is threatening to come to a complete stand-still owing to the fact that contractors have not received any payment for contract work already done;
b) this shocking state of affairs is exacerbated by the fact that Eskom, despite their miserable display, have the arrogance to reward their Chief Executive Officer - who according to all indications should rightly be fired - with a shameful salary increase of more than one million rand, as well as a totally undeserved bonus;
c) the excuse that such an increase is market-related is an insult to each and every tax-payer who carries the cost of this opulence, but who are not offered market-related services;
(3) believed that such actions forces one to the conclusion that Eskom does not have any grasp or insight of the extent and impact of the current worldwide economic crisis; and
4) therefore insists that an urgent inquiry into the matter be launched.]