Agb Speaker, dit is my voorreg om namens die VF Plus ons te assosieer met die mosie soos deur die agb Hoofsweep van die Meerderheidsparty voorgestel. Dit is 'n mosie van roubeklag met die afsterwe van ons voormalige kollega, die agb Hangana, wat ook as Adjunkminister gedien het.
Dit is korrek dat sy in 1994 hier in die Parlement gekom het, en van die begin af het ons haar leer ken as 'n persoon wat baie sterk standpunte gehad het, wat altyd baie sterk oor haar standpunte gevoel het en wat ook baie graag tussenwerpsels gemaak het.
Dit is ook so dat baie van ons ANC-kollegas vir ons tradisionele name gee, en ek en my kollegas het ook vir die agb Hangana 'n tradisionele Afrikaner- naam gegee. Ons het van haar gepraat as Anna Bezuidenhout. Dit was op 'n baie mooi manier bedoel, maar ons het geweet wie die kollega was. Sy was vir ons "Anna Bezuidenhout". Dit is goed dat die Parlement op hierdie wyse afskeid neem van kollegas wat ons deur hul afsterwe verlaat het. Ek wil graag ons medelye betuig met die ANC, wat 'n kollega verloor het, maar ook met haar familie en naasbestaandes, wat hartseer is oor 'n ma wat weg is. Ons dink aan julle. [Applous.] (Translation of Afrikaans speech follows.)
[Dr C P MULDER: Hon Speaker, on behalf of the FF Plus it is my privilege to associate ourselves with the motion as moved by the hon Chief Whip of the Majority Party. It is a motion of condolence on the death of our former colleague, the hon Hangana, who had also served as Deputy Minister.
It is true that she arrived here at Parliament in 1994, and from the beginning we got to know her as a person who had very strong views, who always felt very strongly about her views and also readily made interjections.
It is so that many of our ANC colleagues give us traditional names, and my colleagues and I also gave hon Hangana a traditional Afrikaner name. We spoke of her as Anna Bezuidenhout. It was meant in a very nice way, but we knew who the colleague was. To us, she was "Anna Bezuidenhout".
It is good for Parliament to say goodbye, in this manner, to colleagues who have left us because they have passed away. I would like to express our condolences to the ANC, who have lost a colleague, and also to her family and relatives, who are mourning the loss of a mother. We are thinking of you. [Applause.]]