Die mees pertinente punt hier, agb lede, is dat ons geen program of projek gaan aanpak sonder om dit deeglik na te vors en te verpak in 'n haalbare besigheidsplan nie. Ons kan nie meer projekte aanpak wat nie haalbaar is nie. Selfs meer belangrik, ons gaan geen beplanning doen rondom die ontwikkeling van die platteland sonder die mense van die platteland nie. Hierdie regering is geskoei op die wil van die mense. (Translation of Afrikaans paragraphs follows.)