Dit behoef geen beto dat die departement moet toesien dat aansoeke om mineraalregte die openbare publiek se werklike insette moet insluit nie. Daar is verskeie gevalle, soos die aansoek om mynregte op die SanWild - natuurbewaringsgebied in Mpumalanga, en die Verlorenvallei-aansoek te Piketberg, wat behoorlike oorweging behoort te geniet en wat daarna tot die weiering van sulke aansoeke behoort te lei. (Translation of Afrikaans paragraph follows.)