Chairperson, the division of the department into two units was a step in the right direction. Firstly, President Zuma's promise to create 500 000 jobs before the end of the year was quite an ambitious one, and I think doubling the number of Cabinet positions is a good headstart in accomplishing that! [Laughter.]
Op 'n ernstiger noot, Suid-Afrika het verlede jaar een van die ernstigste energiekrisisse in die geskiedenis beleef. Energie is noodsaaklik en ek wil aansluit by die agb Greyling, wat s ons moet oplossings vir hierdie krisis b die grond en nie meer onder die grond soek nie. Ons glo dit is die regte ding en ons glo dat 'n bekwame Minister se onverdeelde aandag hopelik 'n einde sal bring aan die krisis waarin ons land verkeer.
Die VF Plus sien ook met afwagting uit na die Nasionale Energiereguleerder se beslissing oor Eskom se buitensporige aansoek om 'n 34% - verhoging van kragtariewe. Ons glo dit is onverantwoordelik en nie goed vir die ekonomie nie, en ons hoop werklikwaar dat Nersa sy rol as onafhanklike reguleerder ten behoewe van die Suid-Afrikaanse bevolking ook in hierdie saak gestand sal doen.
Suid-Afrika het verlede jaar 'n oorgang gemaak van 'n stelsel van goedkoop, betroubare energie na duur, onvoorspelbare energie. Ons wil graag die Minister sterkte toewens om hierdie saak reg te stel in die tyd wat kom.
Wat betref die mynwese is daar net twee sake wat ek vinnig wil aanroer. Ons wil ook die nuwe Minister in daardie departement gelukwens, maar terselfdertyd twee sake op die agenda plaas. In die eerste plek dink ek die Minister moet kennis neem van die ontevredenheid wat daar by sowel swart as wit sakelui in die mynbou heers omtrent die streng vereistes van swart ekonomiese bemagtigingsdoelwitte in hierdie tye wat betref die mynwese. Die 26% - beperking wat vasgestel is en ...