Voorsitter, "Nkosi Sikelel' iAfrika" [God sen Afrika.] is seker die bekendste isiXhosa woorde. Dit is 'n roepstem van die mense van Suid-Afrika dat God die kontinent sal sen. My skoonmoeder het jare lank sendingwerk in die Oos-Kaap gedoen en sy het my vertel dat hierdie lied van Enoch Sontonga, wat jare later die nasionale lied van Suid-Afrika sou word, selfs in die isiXhosa psalm- en gesangeboek opgeneem is. Sy het die woorde dus goed geken, lank voordat dit amptelike erkenning geniet het.
Suid-Afrika is inderdaad 'n land van baie wonderwerke. Ek glo dat baie wonderwerke wat in die jare wat verby is hier in Suid-Afrika gebeur het, juis te danke is aan die feit dat Suid-Afrikaners daagliks bid dat God ons land sal sen.
Die nasionale simbole van Suid-Afrika is baie kosbaar en dt wat daardeur gesimboliseer word, moet beskerm word met alles wat ons het. Toe daar in 1994 besluit is op 'n nasionale lied vir Suid-Afrika, is daar ooreengekom op 'n kombinasie van Nkosi Sikelel' iAfrika en Die Stem. Die simboliek wat hieruit geneem is, is die feit dat daar in Suid-Afrika ruimte gelaat word vir al sy gemeenskappe en vir die volle prentjie van die geskiedenis.
Toe President Zuma in sy staatsrede die Springbokke n Bafana Bafana n die Blou Bulle gelukgewens het met hul onderskeie sportprestasies het hy iets laat blyk van wat wel moontlik is, naamlik dat daar ruimte vir al hierdie simbole is. Dit wys dat die erkenning van een nie noodwendig op die miskenning van die ander neerkom nie. Dit behels 'n Suid-Afrika wat ruimte laat vir beide die Springbokke en Bafana Bafana; 'n Suid-Afrika wat ruimte laat vir 'n Butana Komphela en vir 'n Pieter Mulder; vir 'n Afrikaner sowel as 'n Afrikaan. Juis hierin l nog 'n potensile wonderwerk opgesluit.
Daarom was dit jammer dat die organiseerders van die openingseremonie van die Konfederasiebekertoernooi slegs 'n verkorte weergawe van die nasionale lied, waaruit 'n gedeelte van Die Stem weggelaat is, gespeel het. Ons is dankbaar dat di voorval hom nie weer sal herhaal nie.
Die suksesvolle afloop van die Konfederasiebekertoernooi en die moedige spel van Bafana Bafana het vir die eerste maal mense laat insien dat Suid- Afrika van die Sokkerwreldbekertoernooi volgende jaar 'n reuse sukses kan maak. Ons glo dit is moontlik en ons wens die Minister, Adjunkminister en die plaaslik relingskomitee alle sukses daarmee toe.
Voorsitter, vyf jaar gelede het ek my eerste toespraak in hierdie Parlement - juis hier in die sportdebat - gemaak. Vandag lewer ek my laaste toespraak in dieselfde debat. Ek tree, Deo voltnte, op 31 Augustus 2009 as LP uit. In die toekoms sal ek die stryde wat ek hier gestry het op ander forums voortsit, en dit in die burgerlike samelewing. Die agb Komphela sal weer van my hoor!
n AGB LID: Ek sal jou mis, agb Spies. [Gelag.]