Voorsitter, ek wil die agb Minister en Adjunkminister gelukwens met hul aanstellings. Ek ken hulle; ons kom al vanaf 1994 saam in hierdie Parlement. Ek weet hulle beskik oor die vermo, maar ek wil vir hulle s hulle het besondere uitdagings wat vir hulle voorl.
Agb Minister, 31 Maart 2009 was die amptelike datum waarop alle kommando- eenhede in Suid-Afrika uitgefaseer is. Die vorige president, President Thabo Mbeki, het by die ontbinding van kommando's ges dat daar nie 'n vakuum in die landelike beveiliging mag ontstaan nie. En ons weet almal dit ht ontstaan. Selfs in Woensdag se debat het die Minister van Polisie ges daar is 'n krisis-situasie, want misdadigers pleeg misdade in stede en dan wyk hulle na die platteland uit.
Ek wil vandag vir u vra dat een van u uitdagings sal moet wees om te kyk of ons weer daardie landelike beveiliging kan herstel. Die kommando's was 'n goedkoop en effektiewe manier om Suid-Afrika te beveilig binne die bepalings van die grondwet en die taak van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag. Ek vra heroorweging daarvan.
'n AGB LID: Netjies!