Voorsitter, ek gaan die vraag in Afrikaans stel, as dit in orde is.
Ek wil dit aan die agb Adjunkminister stel dat daar verneem word dat sommige van die provinsies nie die volle bedrag wat aan die leerders by geengeldskole toegeken word, oorbetaal nie en dat 'n sekere bedrag deur die provinsies teruggehou word. Ek wil graag weet of daardie inligting aan die Adjunkminister bekend is, of hy bereid is om die saak te ondersoek, en wat sy optrede in di verband sou wees?