Adjunkspeaker, dit is goeie gebruik en dit is gepas dat ons in die Parlement van tyd tot tyd die geleentheid gebruik om hulde te bring aan kollegas wat afgesterf het. Ons doen dit ook vandag. Kollegas wat voor my gepraat het, het reeds verwys na die politieke hoogtepunte uit ons kollega se lewe, en dit word ook volledig vervat in die mosie wat op die oomblik voor die Huis dien.
Soos u weet, het Cheryl Gillwald van 1994 af, vir 12 jaar lank, tot 2006 in die Parlement gedien. Twee tydperke daarvan was as Adjunkminister, eers van Justisie, en later van Korrektiewe Dienste, waar sy bydraes gemaak het. In 2006 het sy uitgetree en waarskynlik gedink en gehoop dat sy 'n rustige aftrede saam met haar man gaan h waar hulle hulself in die buiteland gevestig het.
In Januarie van hierdie jaar, 'n paar maande gelede, is sy gediagnoseer met kanker, en is oorlede - baie vroeg, op 'n baie vroe leeftyd. Waar hierdie mosie vir ons waarskynlik vandag vertel van haar politieke wreld en haar politieke lewe, vertel dit ons nie van haar persoonlike lewe, haar persoonlike gesinsomstandighede en haar gesin wat agterbly nie.
Namens die VF Plus wil ek graag ons opregte meelewing betuig met haar naasbestaandes, haar party en kollegas. Baie dankie. (Translation of Afrikaans speech follows.)
[Dr C P MULDER: Deputy Speaker, it is good practice and fitting that we in Parliament, from time to time, make use of the opportunity to pay tribute to colleagues who have passed away. We are also doing so today. Colleagues who have spoken before me have already referred to highlights from our colleague's life, and this has also been comprehensively included in the motion that is before the House at this very moment.
As you know, Cheryl Gillwald served in this Parliament for 12 years, from 1994 to 2006. For two periods she was a Deputy Minister, first of Justice and Constitutional Development and later of Correctional Services, where she made many contributions. In 2006 she retired and probably thought and hoped that she could look forward to a peaceful retirement with her husband after they settled down abroad.
In January this year, a few months ago, she was diagnosed with cancer. She passed away very early, at a very young age. Whereas this motion probably tells us about her political world and her political life, it does not tell us about her personal life, her personal family situation and her family who remain behind.
On behalf of the Freedom Front Plus I would like to convey our sincere sympathies to her relatives, her party and colleagues. Thank you very much.]