Voorsitter, in 2004 is die Wet op Maatskaplike Bystand, Wet 13 van 2004, deur die agb President goedgekeur. Hierdie wet kon sewe jaar later nog nooit gemplementeer word nie, omdat die bepalings van die inspektoraat waarvoor hierdie wetgewing voorsiening maak nog nie ingestel is nie. Wanneer sal die bepalings van so 'n belangrike stuk wetgewing in gestel word sodat implementering kan plaasvind om die stuk wetgewing sodoende ten volle te kan benut en te laat funksioneer? Wanneer sal die uitvoerende direkteur, wat as hoof van die inspektoraat moet dien, aangewys word? Aanpassings moet van tyd tot tyd gemaak word om stelsels te laat werk, maar om sulke belangrike stukke wetgewing te onderteken en dan in die argiewe te bre, bring geensins voorspoed of hoop vir veral die armes wat so swaar op ons steun nie. (Translation of Afrikaans paragraph follows.)