Agb Voorsitter, agb Minister, Adjunkminister, aan almal wat nou nie Afrikaans verstaan nie, s ek dat ek vandag my toespraak in Afrikaans gaan lewer. Ek wil graag met u gesels.
Ek wil vir u s dat ek tot dusver my bedenkinge oor parlementre debatte het.
Voordat ek verder gaan: U is al soveel keer vandag hier verwelkom dat u nou rrig waar seker welkom voel in die vergadersaal.
Nee, ek het my bedenkinge oor parlementre debatte, want dit lyk so al vir my asof mense nie na mekaar luister terwyl 'n debat aan die gang is nie. Maar die indruk wat ek vandag hier gekry het, was dat die gesprek onderling opbouend was. Dis die idee wat ek gekry het. Ek is eintlik bekommerd; ons is so "nice" met mekaar vandag, dit lyk vir my ons hou van mekaar, en daaroor is ek 'n klein bietjie bekommerd!
Nietemin, ek wil graag die nuwe Minister en Adjunkminister gelukwens met dit wat hulle tot nou toe reggekry het want, soos u weet, die ergste ding wat met jou kan gebeur as jy as 'n nuweling Parlement toe kom, is om lid van die Portefeuljekomitee vir Kommunikasie te word! Met die gemors wat aan die gang was by die SAUK en al die ander entiteite, is dit vandag nou eintlik vir my lekker dat ons nie met mekaar hoef te baklei nie, juis omdat die Departement van Kommunikasie so 'n integrale deel van elkeen van ons se lewens is. Vandat ons vanmre wakker geword het, hoe belangrik was kommunikasie nie tot op hede in ons lewens nie? Die telefone, die radio, die televisie, noem maar op ...
Daarom is dit so belangrik dat kommunikasie in Suid-Afrika moet werk want, lank nadat goud en diamante en steenkool klaar opgebruik is, moet ons ook nog ons kommunikasie h waarmee ons kan woeker. Kyk maar na enige land wat werk aan sy kommunikasiestrukture. Die penetrasie wat die IT-bedryf byvoorbeeld in die samelewing het, beteken enorme groei in die bruto binnelandse produk.
Die ANC is aan bewind in Suid-Afrika, maar ek dink as Lede van die Parlement is dit elkeen van ons se plig om so hard as moontlik te werk om hierdie belangrike departement op koers te hou.
Ek het nou die Minister en die Adjunkminister geluk gewens met hul harde werk tot dusver. Wat vir my belangrik is, is dat die Minister en die Adjunkminister, anders as in die verlede, teenwoordig was. Hulle het tyd gemaak om te kom sit in die vergaderings van die Portefeuljekomitee vir Kommunikasie. Dankie, Adjunkminister, dat u en die Minister u program so gerig het, want dit is tog belangrik. In die verlede het 'n mens die indruk gekry, terwyl ons in die portefeuljekomitee oor belangrike sake praat, dat dit is asof dit net by die ministerie verby gaan.
Dr Wesso, ek moet vir jou ook baie dankie s. Ek het jou al in die portefeuljekomitee geluk gewens. Ek sal nooit u lang gesig die dag daar in die Marksgebou vergeet toe u ges het die Departement van Kommunikasie is 'n sinkende skip nie. Dr Wesso se woorde was: "The Department of Communications is in absolute disarray."
Dit was sy woorde. Maar Dr Wesso, synde die waarnemende direkteur-generaal, het baie hard gewerk, natuurlik met die hulp van die res van die departement, om hierdie sinkende skip weer drywend te maak. Daar wag nog baie harde werk voor vir die nuwe direkteur-generaal van die departement, maar ek dink die werk wat tot nou toe gedoen is, gaan di skip in elk geval op die water hou.
Daar is 'n paar sake wat ek nou net wil noem. Wat my bietjie pla, vandat ek nou in die Parlement gekom het, is dat daar vakatures in die Departement van Kommunikasie is. As my geheue my nou nie parte speel nie, dink ek daar is 'n totaal van 116 vakante poste. Minister, dit kom nou al 'n paar jaar lank aan. Elke keer hoor ons dis as gevolg van herstrukturerings. Nou, ek dink 'n mens kan 'n tenkskip net soveel keer draai voordat jy in jouself vasry. So, ek dink ons moet nou 'n punt bereik waar mense aangestel moet word want werk moet gedoen word.
Daar is nog iets wat my pla, en dis die groot hoeveelheid mense in senior poste in die departement. 'n Mens kry so half die indruk daar is te veel base in die Departement van Kommunikasie en te min ...