Agb Adjunkspeaker en kollegas, die VF Plus assosieer onsself graag met die mosie voorgestel deur die Hoofsweep van die Meerderheidsparty, waarin hulde gebring word aan ons agb kollega, die voormalige Minister, mnr Sicelo Shiceka, wat onlangs afgesterf het.
Dit is so dat die agb kollega vir 'n tydlank ongesteld was en ons was almal bewus daarvan. Ek weet nie of ons almal noodwendig die erns van sy siekte besef het nie. Wanneer so 'n kollega dan ter sterwe kom, bly dit maar altyd onverwags en 'n skok.
Die agb kollega het nie genoeg tyd gehad om dit wat moontlik in sy gedagtes was wel in sy departement suksesvol te kon deurvoer nie. Hy was nie lank aangestel nie en was vir die meeste van die tyd ongelukkig ongesteld.
Ons dink aan sy party wat 'n kollega verloor het en aan sy gesin wat 'n familielid verloor het. Ons dra graag ons respek en hulde oor, en ons ondersteun graag die mosie. Baie dankie. (Translation of Afrikaans paragraphs follows.)
[Dr C P MULDER: Hon Deputy Speaker and colleagues, we as the FF Plus gladly associate ourselves with the motion proposed by the Chief Whip of the Majority Party, in which homage is paid to our hon colleague, the former Minister, Mr Sicelo Shiceka, who died recently.
The hon colleague was indeed sick for some time and all of us were aware of that. I don't know whether we necessarily realised the seriousness of his condition. When such a colleague then dies, it is always unexpected and a shock.
This hon colleague did not have enough time to successfully implement in his department the things that were possibly on his mind. He was not appointed for that long and was unfortunately most of the time ill.
We are thinking of his party, who lost a colleague, and of his family, who has lost a family member. We have pleasure conveying our respect, we honour his memory, and gladly support the motion. Thank you very much.]