Agb Speaker, ons as die VF Plus wil ons baie graag assosieer met die mosie wat vandag deur die Hoofsweep van die ANC voorgestel is. Dit is 'n mosie van roubeklag ter herdenking van ons kollega, die agb Mandlenkosi Enock Mbili.
Dit is onafwendbaar so dat die dood deel van die werklikheid is. Dit is iets wat niemand kan ontsnap nie, en dit is wat voorle.vir ons elkeen wat vandag hier sit. Tog, wanneer dit die dag gebeur met iemand soos ons kollega, dan tref dit 'n mens. Ons is nooit daarop voorberei nie. Dit kom onverwags, veral waar die kollega nie siek was nie en dit in 'n motorongeluk gebeur. Dit is vir ons almal skokkend en ons is hartseer daaroor.
Ek wil graag ons medelye aan sy gesin en familie oordra - hulle wat agterbly en vir wie dit baie moeilik gaan wees om 'n alleenpad te loop, met mooi herinneringe van 'n geliefde wat vir hulle daar was en wat nie nou meer daar is nie. Ons wil ook aan sy party, van wie hy 'n staatmaker was en waar hy 'n groot rol gespeel het, ons opregte meelewing en simpatie oordra.
Dit is gepas dat die Parlement op hierdie wyse nabetragting hou en erkenning en huldiging gee aan die lewe van ons kollega wat afgesterf het. Ons opregte simpatie en meelewing. Ons dink aan u. [Applous.] (Translation of Afrikaans speech follows.)
[Dr C P MULDER: Hon Speaker, we, as the FF Plus, would really like to associate ourselves with the motion that was moved today by the Chief Whip of the ANC. It is a motion of condolence in commemoration of our colleague, the hon Mandlenkosi Enock Mbili.
It is inevitable that death is part of reality. It is something that none of us can escape, and something that is awaiting each one of us sitting here today. Still, the day when it happens to someone like our colleague, one is deeply affected by it. We are never really prepared for it. It hits us unexpectedly, especially when the colleague was not sick and passed away in a car accident. It comes as a shock to all of us and we are saddened by it.
I would really like to convey our condolences to his family - those who are left behind and for whom it is going to be very difficult to continue on their own, with loving memories of a loved one who was always there for them, but now is not there anymore. We would also like to convey our heartfelt sympathies to his party, of which he was a stalwart and where he played a major role.
It is fitting for Parliament, in this manner, to reflect, acknowledge and pay tribute to the life of our colleague who passed away. Our sincere condolences. We are thinking of you. [Applause.]]