Adjunkminister, ek dink ons sal almal saamstem dat die streng visumvereistes van lande soos Brittanje 'n groot struikelblok is vir Suid- Afrikaners wat gereeld moet reis, en dat dit interaksie tussen Suid-Afrika en Brittanje belemmer.
Terwyl 'n mens aanvaar dat lande soos Brittanje nie sommer oornag visumvereistes sal laat vaar nie, kan daar nie intussen met sulke lande beding word vir die verslapping van die vereistes nie, byvoorbeeld, dat visums teen 'n laer koste en vir langer tydperke - byvoorbeeld 10 jaar, soos in die geval van Amerika - uitgereik word?
Tweedens, in die lig daarvan dat ons nou ook samewerking tussen Brics-lande het, behoort die regering nie ook die verwydering van visumvereistes tussen Brics-lande as 'n prioriteit te beskou nie?