Adjunkspeaker, die wetsontwerp gee nie 'n lys nie en dit identifiseer ook nie die tipe van belastings wat munisipaliteite na aanleiding van hierdie wetsontwerp sal kan hef op belastingbetalers nie.
Die VF Plus neem kennis van die beheer en die kontroles deur die agb Minister van Finansies. Agb Minister ek kan vir u s ek vertou u want u is 'n goeie Minister van Finansies, maar ek weet nie of u na 2009 nog die Minister van Finansies gaan wees nie - miskien is u President, ek weet ook nie. [Gelag.] Die feit van die saak is ons kan ongelukkig nie 'n wetsontwerp ondersteun wat net gebasseer is op die subjektiewe oordeel van 'n minister wat dink dit is billik en geregverdig nie.
Hierdie is in 'n mate 'n blanko tjek ook vir stadsrade om addisionele belastings te hef en 'n oorbelaste inwonertal en belastingbasis nog verder te belas. Die vraag is: Gaan dit nie wees om munisipale bestuurders en burgermeesters wat selfs pakette van tot R1,3 miljoen reeds kry nog verder te vergoed nie? Die VF Plus sal nie die wetsontwerp ondersteun nie. Dankie. (Translation of Afrikaans speech follows.)
[Mr P J GROENEWALD: Deputy Speaker, the Bill does not provide a list and it also does not identify the type of taxes that municipalities, with reference to this Bill, can levy on ratepayers.
The FF Plus takes cognisance of the control measures and counter checks by the hon Minister of Finance. Hon Minister, I can tell you that I trust you because you are a good Minister of Finance, however, I do not know whether you will still be the Minister of Finance after 2009 - maybe you will be President, I also do not know. [Laughter.] The fact of the matter is that we cannot, unfortunately, support this Bill that is based only on the subjective judgement of a Minister who thinks it is reasonable and fair.
This, in a way, is also a blank cheque for city councils to levy additional taxes and to burden an overtaxed number of residents and tax base even further. The question is: Will it not be to pay municipal managers and mayors, who are already receiving packages of up to R1,3 million, even more? The FF Plus will not support the Bill. Thank you.]