Agb Mev die Adjunkspeaker, ek is bevrees die ANC sal nie luister na wat die argumente van vandag is nie, net so min as wat hulle geluister het 11 jaar gelede toe die hoofwet deur die Huis gedebateer is.
Die argumente is reeds gestel rondom die beginsel van aborsie en hierdie wysigingswetsontwerp verander niks aan daardie beginsel nie. Inteendeel, aborsies word makliker gemaak as wat die hoofwet aanvanklik toegelaat het. Dit word tegnies afgewentel na die provinsies toe om die besluite te neem, provinsiale LURe kan die besluite neem om sulke inrigtings in te rig, maar die onstellendste daarvan is dat 'n kind - nie 'n vrou nie, 'n kind - van 12-jaar-oud, op haar eie 'n besluit kan neem om 'n aborsie te ondergaan.
Ek wil vir u s dat daar geen manier is dat 'n kind van 12 jaar die implikasies besef wat sy die res van haar lewe met haar gaan saamdra wanneer sy volwasse is, nadat sy 'n aborsie ondergaan het nie. Dit is prakties wat hierdie wet gaan moontlik maak.
Ek is bevrees, soos ek ges het, dat die ANC nie daarna sal luister nie. Miskien moet ons eendag 'n debat daaroor voer, oor wat die werklike rede is waarom die ANC, en veral die dames in die ANC, so sterk voel oor aborsie. Ek is van mening dis om 'n verkeerde, misplaaste rede, maar miskien moet ons daardie gesprek eendag voer. Die VF Plus sal teen hierdie wetgewing stem. Dankie. (Translation of Afrikaans speech follows.)
[Dr C P MULDER: Madam Deputy Speaker, I am afraid that the ANC will not listen to today's arguments, just as they did not listen when the Principal Act was debated in this House 11 years ago.
We have argued on the principle of abortion, and this amending Bill doesn't change anything regarding that principle. As a matter of fact, to have an abortion becomes easier than the Principal Act initially allowed. Technically, the power to make decisions on allowing abortion clinics is being devolved down to the provinces and provincial MECs can make these decisions.
What is even more upsetting is the fact that a child - not a woman, but a 12-year-old child - can make an independent decision to undergo an abortion. I want to emphasise that a 12-year-old child cannot grasp the implications that she will have to carry throughout her adult life after undergoing an abortion. This is what this Bill will make possible in practice.
I am afraid, as I have said, that the ANC will not listen to this. Maybe we should, one day, debate the actual reason why the ANC, and especially the ladies of the ANC, feel so strongly about abortion. I believe that it is for a wrong, misplaced reason, but maybe we should have that discussion someday. The FF Plus will vote against this piece of legislation. Thank you.]