Agb Mevrou die Speaker, hier is 'n paar sprekers van die ANC wat graag aangehaal het wat die VF Plus reeds in 2000 ges het. Ek wil ook aanhaal wat die ANC by monde van hul destydse Minister van Justisie ges het oor die instelling van die Skerpioene in 2000. Hy s:
We are deliberately and purposefully creating a highly skilled and highly competent unique unit to complement our existing law enforcement agencies. The Directorate of Special Operations will be unique in the sense that it will form part of the prosecuting authority. It will provide it with a finely tuned investigative capacity which will focus on prioritised criminal offences.
Daar is geen twyfel, Mevrou die Speaker, dat die doel van die instelling van die Skerpioene was om 'n unieke en effektiewe gespesialiseerde eenheid daar te stel wat met vervolgingsgedrewe ondersoeke prioriteitmisdade sou kon bekamp in die stryd teen misdaad. Dit is egter die sukses van die Skerpioene wat die rede is vir hul bestaan en wat hulle met onderskeid bewys het. Die ondergang van die Skerpioene is egter juis hierdie suksesse en die onderlinge jaloesie tussen die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag - presies dit waarteen die VF Plus gewaarsku het in 2000 met die instelling van die Skerpioene. Di jaloesie het veroorsaak dat kant gekies word deur politici binne die ANC.
Verder het veral hul suksesse met ondersoeke teen hoprofiel-politici - soos Tony Yengeni, LP's wat reisbedrog gepleeg het, Jacob Zuma en die vorige Polisiekommissaris Jackie Selebi - hierdie situasie vererger. Skielik bevraagteken die ANC die grondwetlikheid van die Skerpioene as deel van die Nasionale Vervolgingsgesag. Die ANC se argument is deurgaans dat die Grondwet bepaal dat daar net een polisiemag mag wees. Die vraag oor die grondwetlikheid van die Skerpioene as deel van die Nasionale Vervolgingsgesag is egter deeglik beredeneer deur die Khampepe-kommissie. Regter Khampepe maak die volgende bevinding:
I am of the view that there is nothing jurisprudentially unsound in conferring law-enforcement responsibilities to any agency other than the