Voorsitter, ek gee hiermee kennis:
Dat die Raad -
1) kennis neem -
a) van die vernietigende vloede wat dele van die Wes-Kaap verlam en groot skade en selfs lewensverlies veroorsaak het, toe 'n matriek meisie op pad na haar eksamen verdrink het;
b) dat die Hexriviervallei, Montagu, Greyton en Genadendal van die gebiede is wat die ergste geraak is;
c) dat daar reg oor die provinsie paaie, bre, huise, wingerde en selfs vee in die slag gely het; en
d) dat die impak van hierdie skade groot invloed op hierdie seisoenale gebiede gaan h; en 2) die Provinsiale Minister versoek om so spoedig moontlik hierdie vloedgeteisterde gebiede as rampgebiede te verklaar sodat ramphulp spoediglik verleen kan word om gebiede te kan herstel en om betrokkenes kans te gun om weer met hul lewens voort te kan gaan. (Translation of Afrikaans notice of motion follows.)
[Ms H LAMOELA: Chairperson, I hereby give notice:
That the Council -
1) notes -
a) the devastating floods that have paralysed parts of the Western Cape and have caused extensive damage and even loss of life, when a matric schoolgirl drowned on the way to write her examination;
b) that the Hex River Valley, Montague, Greyton and Genadendal are some of the areas that have been worst affected;
c) that throughout the province roads, bridges, homes, vineyards and even livestock have been destroyed; and
d) that the impact of this damage will severely affect these seasonal areas; and
2) requests the provincial minister as soon as possible to declare these flood-ravaged areas as disaster areas, so that disaster relief can be rendered without delay in order to enable these areas to recover and afford the people involved the opportunity to continue with their lives.]