Voorsitter, ek gee hiermee kennis dat ek by die volgende sitting van hierdie Raad sal voorstel:
Dat die Raad -
(1) kennis neem van die skokkende aanval by Harrismith op 'n Poolse egpaar wat Suid-Afrika besoek het;
(2) 'n beroep op die Regering doen om hierdie tipe aanvalle met erns te bejen omdat dit die beeld van Suid-Afrika binnelands en buitelands onherroeplik skade berokken;
(3) daarop let dat van die verdagtes nog kinders is en dat dit 'n weerspieling is van die persepsie dat geweld en misdaad gepleeg mag word en dat daar selfs vir kinders geen afskrikmiddel bestaan in die gevolge nie;
(4) van mening is dat Suid-Afrika hierdie negatiewe beeld nie verder kan bekostig nie; en
(5) daarom die Regering versoek om alle moontlike stappe te doen om die veiligheid en sekuriteit van toeriste, maar ook alle Suid-Afrikaners, te verseker. (Translation of Afrikaans notice of motion follows.)
[Mr P A MATTHEE: Chairperson, I hereby give notice that at the next sitting of this Council I shall move:
That the Council -
(1) notes the shocking attack near Harrismith on a Polish couple who were visiting South Africa;
(2) appeals to the Government to treat these types of attacks seriously, as they do irreparable damage to the image of South Africa domestically and abroad;
(3) notes that some of the suspects are still children and that this is a reflection of the perception that violence and crime may be committed and that, even for children, no deterrent exists in the consequences;
(4) is of the opinion that South Africa can no longer afford this negative image; and
(5) consequently requests the Government to take all possible steps to ensure the safety and security of tourists, but also of all South Africans.]