Die gesegde is dat die derde wreld oorlog nie sal gaan oor grondgebied of beleidsverskil nie, maar wel oor water. Dit is welbekend.
Suid-Afrika is 'n dro land. Hy's een van die 30 droogste lande in die wreld, en ons sit met 'n watertekort wat al hoe erger word.
Wat is die redes vir die tekort? Die belangrikste is dat daar te min damme oor die afgelope 25 jaar gebou was. Die bevolking se groei is te vinnig. Die immigrante wat instroom uit Afrika ... Dis duisende wat ook van water voorsien moet word. Dan natuurlik die lekasies en watervermorsing, veral by ons munisipaliteite ...
Ons is reeds in 'n krisis. Ons stuur nie op 'n krisis af nie. Hoe gaan ons dit oplos?
Die maklikste maniere is om meer damme te bou. Maar, om deesdae 'n dam te bou neem tussen sewe en tien jaar. Ontsouting, die suiwering van mynwater en riool ...
Maar, ek wil vir julle een ding vertel. Ons moet so ietwat in die verlede teruggaan.
English:
I grew up in the Karoo, and we made use of water tanks to store rain water. In South Africa, we have 16 millions households. We must see them as an advantage to solve our water problems.
Afrikaans:
Hoekom s ek so? As elke persoon in Suid-Afrika vandag 'n watertenk het, dan hoef ons nie oor die onmiddelikke toekoms bekommerd te wees nie.
Ek wil net vir u 'n voorbeeld noem. Drie miljoen HOP huise is die afgelope 25 jaar gebou. Nie een watertenk is by daardie huise aangebring nie. As daardie 5 000 liter tenke net twee keer 'n jaar oorloop, is dit genoeg om die Churchilldam in die Oos-Kaap te vul.
Ons kan nie meer uitstel nie. Ons kan nie toelaat dat een bouplan in Suid- Afrika goedgekeur word sonder dat daar nie voorsiening gemaak is vir watertenks nie. 'n
Watertenk van 5 000 liter kos R4 600. Dan moet u onthou, daar word werk geskep.
Ons het die geld. In 2015 het die departement was waterwese R1 miljard terugbetaal aan die Tesourie. In 2016 was dit R827 miljoen. Ons kon al oor 'n halfmiljoen watertenke in Suid-Afrika opgesit het.
Kom ons staan saam. Die enigste oplossing in Suid-Afrika is watertenke. Die mense in baie dorpe maak al gereed om hulself selfvoorsienend te maak deur middel van watertenke.
Ons moet onmiddelik begin om watertenke op it sit. Dit is die enigste antwoord. As ons wag vir die ANC om damme te bou, gaan ons nog baie lank moet wag. Baie dankie.