Agb Adjunkspeaker, the V F Plus het kennisgeneem dat die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur in die besit is van nagenoeg 81 000 geboue, maar die ontstellende nuus is dat 703 van hierdie
geboue nie geokkopeer is nie en leeg staan. Behalwe dit, betaal die belastingbetaler eiendomsbelasting op hierdie le geboue en in die 2018-19 finansile jaar het dit 'n bedrag van R36 miljoen beloop.
Op al hierdie geboue is daar 'n agterstand met die instandhouding daarvan en die bedrag om die agterstand in te haal kom op 'n skrikwekkende geskatte R74 miljard neer.
Daar is ook verskeie staatsdepartement wat se maandlikse huurgeld vir langer as 'n tydperk van vyf jaar uitstaande is, wat 'n enorme bedrag van nagenoeg R600 miljoen beloop. Die Tesorie skuld self 'n enorme R127 miljoen. Die vraag is: As Justisie, Korrektiewe Dienste en Hor Onderwys maandliks hulle huur kan betaal, hoekom kan ander staatsdepartemente dit ook nie doen nie?
Hierdie krisis moet baie dringend aangespreek en opgelos word en hopenlik sal die saak dringende aandag op die Portefeulje Komitee van Openbare Werke geniet, om te sorg dat hierdie uitstaande gelde ingevorder word. Wat egter die V F Plus bekommerd maak is dat hierdie departement
hom reeds in die hosorgeenheid van die hospitaal bevind. Ons hoop dat dit nie 'n staatshospitaal is nie.
Al hierdie probleme in die departement het 'n uitvloeisel na buite en ons sien dit daagliks in ons stede en dorpe, waar infrastruktuur besig is om inmekaar te tuimel en nie behoorlik instandgehou word nie.
Suid-Afrika sit met 'n enorme krisis met ons geboue, paaie, bre, skole, hospitale en waterpyplynings wat nie behoorlik instandgehou word nie. Hierdie regering gaan nog 'n duur prys daarvoor betaal. Die belastingbetaler in hirdie land is moeg en siek en sat vir die wanbestuur en wanadministrasie waarmee hierdie regering daagliks omgang. Die tyd het aangebreek om die ANC huis toe te stuur. Die V F Plus verwerp die verslag. Dankie.