'n Ander aspek wat opgeval het, was die invloed van die Russiese regering in die bestuur van en beheer oor openbare universiteite. Die hoofde van universiteite en lede van universiteitsrade word, byvoorbeeld, deur die Russiese President aangestel. Die vlak van akademiese vryheid wat so 'n trotse kenmerk is van Suid-Afrika se universiteite word dus nie deur hulle Russiese eweknie geniet nie.