Agb Voorsitter, lede van die Huis, die bydrae van kuns en kultuur in Suid-Afrika word beslis onderskat. Die indiensnemingsstudie in die kreatiewe ekonomie in 2017 deur die departement, het aangedui dat die skeppende ekonomie net vyf jaar gelede nog 2,9% bygedra het tot die land se bruto binnelandse produk, BBP, meer as landbou met 2,2% en selfs mynbou, soos die
Minister tereg uitgewys het. Die projeksie vir 2019 is egter 'n skamele 1,5 %! Dis die nagmerrie wat Suid-Afrikaners bloots ry en deel van die rede waarom slegs 30% van die Suid-Afrikaanse volwasse populasie voel, dat Suid- Afrika in die regte rigting beweeg.
Die R100 miljoen-befondsingskandaal rondom Mzansi Golden Economy wat in Sondag se City Press oopgevlek is, is nie net skokkend nie, maar bevestig inderdaad dat die departement faal. Minister Mthetwa, verduidelik asseblief vandag aan die Suid-Afrikaanse publiek wat u betrokkenheid in die debakel is. Die DA het reeds skrywes gerig om te vra vir indringende ondersoeke.
Die Cultural Times, die eerste globale poging om die kulturele en kreatiewe markte in die wreld te ontleed, het die gemeenskapswaarde van kuns en kultuur se rol rondom maatskaplike kohesie en nasiebou deur die bevordering van interkulturele dialoog, begrip en samewerking, onderskryf.
Tydens die onlangse verkiesing was dit duidelik waarom Suid-Afrika se rasindeks, soos voorgehou deur die departement, op slegs 38% staan, want rassepolarisasie vorm steeds die hoeksteen waarop partye soos die ANC en EFF en mense soos Zindzi Mandela, Suid-Afrikaners verdeel. [Tussenwerpsels.] Dit moet stop.
En anders as die VF Plus, wil die DA nie net veg vir die Afrikaanssprekendes nie, maar ook vir elke ander Suid-Afrikaner. Nasietrots is ook op 'n laagtepunt in vyf jaar en dit is nie net die Proteas se skuld nie. Anders as die regering, het hulle ten minste op 'n hoogtepunt afgesluit teen Australi.
Die DA wil bou aan eenheid - een Suid-Afrika vir almal - dit, deur almal se taal- en kultuurdiversiteite te erken en te ondersteun, met gepaardgaande respek vir ons verskille. Behalwe die 11 amptelike tale, wil die DA graag sien, dat dit uitbrei om ander inheemse tale soos die Khoe en San in te sluit.
Anders as die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad, kan die DA egter ook nie stilbly wanneer daar op taalregte inbreuk gemaak word nie, veral nie in ag genome dat Afrikaans derde meeste in die land gebesig word nie. Optrede soos van Gauteng LUR, Panyaza Lusufi, word sterk veroordeel, want dit dryf 'n kulturele wig en probeer Afrikaans ondermyn. Daar behoort eerder landwyd meer fokus geplaas te word op groter ontwikkeling van moedertaalonderrig in skole.
Dit was tydens die 2019 staatsrede opmerklik dat, alhoewel daar gebaretaal gebruik is vir ons dowe landsburgers, daar geen onderskrifte was vir diegene wat nie gebaretaal verstaan nie. Meneer
die President, dit help nie ons promoveer die Vierde Industrile Rewolusie en kry nie die basiese dinge reg nie.
Die genoemde studieontleding deur die Cultural Times van 11 kulturele en kreatiewe bedryfsektore, wys dat hierdie sektore wreldwyd tot ekonomiese groei bygedra het deur 29,5 miljoen werksgeleenthede te skep. In Suid- Afrika het die regering in 2010 aangekondig dat hulle beoog om vyf miljoen werksgeleenthede oor 10 jaar te skep. Soos 'n Griekse tragedie het daar egter net 400 O00 werksgeleenthede realiseer.
Ten spyte van die Mzansi Golden Economy-strategie, om die kulturele bedrywe in Suid-Afrika te herposisioneer, of juis as gevolg daarvan, is die 10 miljoen werkloses in Suid-Afrika 'n bewys daarvan dat politieke wil en leierskap in die ANC-regering met gepaardgaarde verantwoordbaarheid, ook in hierdie departement ontbreek - 'n kultuur wat diepgewortel is.
Die vorige boekjaar het afgesluit met R35 miljoen aan vrugtelose en verkwistende uitgawes; hiervan R32,2 miljoen vir die huur van 'n gebou wat vir omtrent 'n jaar nie benut is nie. Onrelmatige uitgawes op R135 miljoen, het met 5% toegeneem.
Dit is belangrik dat die bedryf moet begin omsien na ons kunstenaars. Die DA stel voor dat die departement die beplande allokasie van R26 miljoen vir konsultante in die 2019-20 boekjaar, wat 'n verbetering is op die vorige jaar se R37 miljoen, sowel as die R27,5 miljoen vir die volgende begrotingsjaar, eerder spandeer om plaaslike kunstenaars te bevorder.
Die rolprentbedryf is die mees dinamiese en winsgewende kultuurbedryf, met 'n groeiende aantal lande wat digitale tegnologie gebruik om meer films te vervaardig. Kaapstad staan aan die voorpunt van die filmbedryf vanwe die bedryfsvriendelike beleide van die DA- regering. Dit bring R5 miljard in en genereer 6 058 direkte en 2 502 indirekte werksgeleenthede.
Kreatiewe nywerhede met kennis, as belangrikste inset, kan bykomend tot kulturele goedere en dienste, dinge soos sagtewareontwerp en internetdienste insluit. Dit beklemtoon die belangrikheid van die digitale migrasieproses en wyer toegang tot internetdienste waarmee die regering voete sleep en wat die potensiaal tot legio werkskeppingsgeleenthede bied, met klem op die verskaffing van piaaslike inhoud, digitale verspreidingskanale en verbruikerstoestelle soos selfone, om ook ons landelike gebiede in te sluit.
Vandeesweek moet akteurs in die hof gaan staan om te veg vir hul gelyke deel aan herhalingsfooie by die SABC. Burokrasie versmoor die bedryf. Vir kommersile uitbuiting van programme betaal die SABC slegs 2% van die wins aan akteurs, wat dan onder hulle verdeel moet word, terwyl produsente 15% en skrywers 10% kry.
Die SABC se onsensitiewe optrede toon onkunde oor hul eie maatskappy se voorgeskrewe kontrakte vir produsente en akteurs, wat in menige geval op vryskutbasis tussendeur, op hierdie herhalingsfooie leef.
Befondsing vir sukkelende museums en teaters moet heroorweeg word; dis onvoldoende. Die begroting wys 'n geringe toename in die allokering vir die uitvoerende kunste, 'n skamele 0,2%, met inflasie. Die Kunstekaap- teatersentrum en die subprogram, sowel as die Robbeneiland Museum, reflekteer 'n negatiewe allokasie met inflasie. 'n Groter finansile inspuiting kan moontlik bydra tot laer toegangsfooie, sodat plaaslike mense ook erfenisgebiede kan besoek. Instandhouding van museums en erfenisgebiede bly problematies. Ons kan bestaandes skaars in stand hou, Minister. Ons kort besiis nie nuwes nie.
Baie geluk aan Marlene le Roux, Uitvoerende Bedryfshoof van die Kunstekaap- teatersentrum, wat die eerste Suid-Afrikaner en gestremde
is, wat die Fair Saturday Foundation-prys in Spanje ontvang het. Die prys stel ten doel om maatskaplike inklusiwiteit deur kuns en kultuur te bevorder.
Terwyl groter staatsondersteuning vir die kuns- en kultuursektor verwelkom word, bevraagteken die DA die departement se kapasiteit om oorsig te doen, veral oor Program 3 met Subprogram 3 en die grootste allokasie hier, naamlik 36,9% vir die ontwikkeling van kulturele en kreatiewe industrie.
Die wyse waarop allokasies van die Nasionale Lotery aan die sektor gedoen word, word ook ernstig deur die DA bevraagteken, veral met betrekking tot monitering en volhoubaarheid van projekte.
Die DA stel ekonomiese groei en werkskepping voorop, daarom vra ons vir dringende ingryping in wetgewing, wat besighede en entrepeneurs inperk en die ekonomie laml. In 'n ontwikkelende land soos Suid- Afrika, waar produksie oorheers word deur die informele ekonomie, behoort klein besighede vrystelling te kry van die minimumloon.
Deeglike hersiening van die belastinglas op besighede en die publiek behoort ernstig prioriseer te word, sodat Suid-Afrika 'n voorkeurland kan raak, wat beleggers en toeriste lok. Kulturele
nywerhede soos beeldende kunste, film en kunsvlyt kan met 'n ondersteunende regering, 'n veel groter bydra lewer tot Suid-Afrika se BBP, want dit stimuleer ook ander sektore in die ekonomie.
Suid-Afrika moet dus in die sektor bel, maar met toegeeflike wetgewing en baie strenger monitoring en evaluasieprosesse in plek. Ons benodig die kunste vir beide sy intrinsieke en sy markwaarde. Kuns en kultuur is inderdaad 'n strategiese nasionale hulpbron. Hierdie sektor kan wel drome inkleur. [Applous.]