Agb Voorsitter, Minister, die moordsyfer in hierdie land is buite beheer en ek praat nie net van die uiters ho gevalle van plaasmoorde en bendemoorde nie, maar moord in die algemeen, want elke lewe is belangrik. Ons moet ook egter toegee dat sekere moorde gekoppel is aan sekere omstandighede veral omdat die slagoffers maklike tykens is, waar die polisie nie 'n duidelike teenwoordigheid het nie. Die Kaapsevlakte en die landelike gebiede, waarna u nie een keer in u ag minute antwoord verwys het nie, is twee sulke voorbeelde.
Spesialiseenhede wat nie toegerus en betroubaar is nie, gaan nie die situasie help nie. Inaggenome die vermindering van die polisiebegroting, wanneer kan ons verwag dat genoeg sulke eenhede wat toegerus, opgelei en effektief is ontplooi gaan word, veral na landelike gebiede, om te verseker dat nog moorde nie gepleeg word nie.
English: