Voorsitter, ongelukkig kan ons nie altyd s dat almal by die hospitaal gebore word nie. Daar is omstandighede waar die kinders op die plase gebore word. Die mense is ver van die hospitaal af. As gevolg van nalatigheid op die platteland, watter ondersteuning is daar vanaf die Departement van Gesondheid en die Departement van Binnelandse Sake, om sulke mense te help met die registrasie van hulle kinders met geboorte?