Voorsitter, hier is ons weer met 'n reddingsboei aan Eskom. Nog geld vir nog 'n sukkelende staatsbeheerde entiteit.
English:
Since 2006 until now, South Africa has given Eskom R83 billion, only, like Mr Ryder has said, to be held hostage. We are hostages with the ANC government who appoints their cadres with salaries. We are held hostage by short-sighted unions that only protect the
interests of a few millions or of a few, while millions of South Africans are literally kept in the dark.
We are held hostage by the ANC who is like a co-dependent spouse who clings to a manipulating partner in a very unhealthy relationship who will do anything not to lose that votes. This money will be spent only to bail out Eskom's due to debt, but it provides no guarantee that the total collapse of Eskom will be prevented.
Afrikaans:
Die voorwaardes wat aan Eskom gestel word beteken niks, want met elke ander reddingsboei was daar ook voorwaardes en daar was niks. En tog is ons weer hier om geld aan Eskom te gee.
Die ontbondeling van Eskom alleen is nie die antwoord nie. Al wat die Minister doen is om van een probleem, drie probleme te maak. Tot nou toe was daar geen verantwoordbaarheid nie en Eskom kan aanhou leuens vertel en die staat sal maar aanhou gee. Dis hoe hulle dink.
Kom ons vergeet nie van die toestand van munisipaliteite, wat weer en weer gaan sukkel om vir elektrisiteit te betaal nie. Die kans is goed dat ons op 'n stadium weer hier gaan kom staan en weer gaan wonder hoekom ons vir Eskom geld moet gee.
Die VF Plus s: Haal Eskom uit die hande van die staat en plaas dit in 'n mededingende gereguleerde mark en kyk hoe Eskom dan sy sokkies op sal trek. Slegs dan sal Eskom baie vinnig met baie gesonde besigheidspraktyke moet funksioneer, maar tot dan sal Eskom en Suid- Afrika se elektrisiteitsvermo in die donker bly. Daarom kan die VF Plus nie ... [onhoorbaar.] ... pakket ondersteun nie.