Agb Adjunkspeaker, dit is duidelik uit hierdie verslag dat die openbare uitsaaier op sy knie is. Met 'n nettoverlies van R482 miljoen 'n jaar het die ANC geslaag om 'n eens trotse openbare uitsaaier totaal te vernietig. [Tussenwerpsels.]
Die openbare uitsaaier het onrelmatige uitgawes van R336 miljoen gehad. Dit is 'n skande dat die finansile bestuur van die openbare uitsaaier tot hierdie punt toegelaat is. Dit is 'n mislukking van die Departement van Kommunikasie. Dit is 'n mislukking van die portefeuljekomitee deur die jare. Dit is bowenal 'n mislukking van die ANC, die regerende party.
Dit is die ANC en sy kaderontplooiingskomitee wat mense in die entiteite van Kommunikasie aangestel het en wat toegelaat het dat hierdie entiteite misluk het.
Terwyl daar die heeltyd 'n swaard met afleggings hang oor die werknemers - mense wat hulle bes probeer om die openbare uitsaaier aan die gang te hou soos joernaliste, regiseurs, aanbieders - kry die Hoofuitvoerende Beampte van die SAUK steeds R3,9 miljoen.
Dis 'n skande dat u toleaat dat hy in nege maande R3,9 miljoen kry, dat hy R5 miljoen 'n jaar gaan kry, terwyl die openbare uitsaaier nie sy rekeninge kan betaal nie en die belastingbetaler daarvoor pa moet staan.
Dit is weereens 'n voorbeeld van hoe swak u regeer. Die ANC faal. Dit het Suid-Afrika gefaal. Die Departement van Kommunikasie faal. Ons verwerp hierdie verslag.
English: