Voorsitter, hierdie is twee uiters belangrike departemente wat nou saamgevoeg is, maar die prentjie is duister as die Minister nie daarin kan slaag om hulle om te keer nie.
Die oudituitkomste skets 'n prentjie van verswakking in beide die voormalige Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, sowel as die departement van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, asook hul entiteite.
Suid-Afrika se hoofbouers - ons boere, wit en swart - word uitgelewer aan uiterse klimaatveranderinge en mislukte departementele projekte wat niemand ophef of help nie. Komersile landbouers moet ondertsteun en beskerm word, om sodoende nodige werksgeleenthede te bou en selfs uit te brei, volhoubare landelike ekonomi te skep, en voedselsekerheid te bevestig.
Die fokus van die departement bly egter op gefaalde, halfgebakte projekte soos agriparke wat op papier pragtig lyk, maar in die praktyk onuitvoerbaar was en misluk het.
Die komitee het met mooi prentjies en beloftes suksesvolle agriparke voorsien, maar op nadere inspeksie het dit geblyk of hierdie prentjies nie die een-honderd persent korrekte waarheid was nie.
Die ophef van swart boere tot op komersile vlak slaag nie as gevolg van sulke mislukte projekte nie. Tans het meer as 20% van huishoudings in Suid- Afrika nie voldoende toegang tot voedsel nie, en daarom moet ons voedselsekerheid beskerm deur komersile landbou te stimuleer en te ontwikkel.
Die nuwe saamgevoegde departemente het nodig om die skakelinge tussen nasionale, provinsiale en munisipale vlak te bewerkstelling om sodoende te voorsien dat projekte nie tussen die krake val en 'n teelaarde vir korrupsie word nie.
Dit is nodig om te verseker dat voorsieningskettingbestuurprosesse korrek funksioneer, nakoming van wetgewing gehoorsaam word en, mees belangrik, die politieke wil daar is om dinge te verander en projekte suksesvol te maak.
Groot drome kan gedroom word, maar as die regte en soms ongewilde besluite nie geneem word nie, sal Suid-Afrika se mense altyd honger ly. Dankie.