Adjunk Speaker, die rol van goedkoop energie in Suid-Afrika se geskiedenis om Suid-Afrika van 'n mynbou na die mees gesofistikeerde ekonomie in Afrika te omskep, hoef skaars bespreek te word.
Ons het in die verlede Eskom gehad wat Suid-Afrika vinnig geindustrialiseer en ge-elektrifiseer het, waaruit die hele land en die hele ekonomie nou nog voordeel trek.
Sasol is 'n bewys van die deursettingsvermo van Suid- Afrikaners en Koeberg van hul vernuf.
Maar dit is 'n positiewe ontwikkeling dat die nuewe geintergreerde hulpbronplan voorstel dat ons 30% hernubare krag teen 2025 moet h. Maar as dit selfs vroeer kan gebeur is net soveel beter.
Nou, ironies genoeg, die heel goedkoopste manier vandag en die vinnigste om kragopwekking geinstalleer te kry is sonkrag. As 'n mens 'n relatiewe klein sonkragaanleg van 250KW opsit, is dit 'n belegging van, kom ons s redelik goed bereken, R3 miljoen. Uit so 'n belegging kan die beleggers konserwatief bereken 'n opbrengs h van R1,5 miljoen per jaar.
Nou, wat keer dat die privaatsektor en gewone mense dit doen? Dis regulasie wat dit keer.
Op die oomblik is daar in Suid-Afrika te veel energie. 'n Mens noem dit 'n droogte. Daar is 'n geweldige droogte, vir die wat dit nog nie gesien het nie. Daardie droogte se invloed kan teengewerk word deur boere and ander mense in die landelike ekonomie toe te laat om doodgewoon die krag wat hulle kan opwek op hulle eie grond, in die netwerk in terug te voer. Wat dit keer is nie tegnies of finansiele aspekte nie, maar regulasie.
Dis waarom die FF Plus voel dat ons nie hierdie verslag kan goedkeur nie. Dankie.