Met staatskaping baie vars in ons geheue, is dit in openbare belang dat Suid-Afrika se kiesers ook ingeligte besluite kan neem oor skenkings aan politieke partye. Hulle het die reg om te weet wie gee vir wie. Partye kan nie net bloot die wysiging ondersteun omdat die Grondwethof dit vereis nie. Ons ondersteun dit in beginsel - die beginsel dat ons nie kan toelaat dat ons verkiesingsprosesse ook gekaap word nie. Daarom verwelkom en ondersteun die VF Plus di wysiging.