Thank you Minister, for being here.
Afrikaans:
Voorsitter, die probleem met die debat is dat dit so verpolitiseerd geraak het, dat dit baie moeilik is om ware oplossings vir 'n baie komplekse probleem te kry.
Kom ek gee 'n voorbeeld. Gaan s vir iemand in die rooi vleis bedryf, eet minder rooi vleis. Dis nie so eenvoudig nie. Hoeveel
werk sal ons verloor as Suid-Afrika belsuit ons gaan 25% minder rooi vleis eet?
Die feit is, Suid-Afrika is 'n ondertekenaar van die Parys- ooreenkoms en ons sal moet sien watter wetgewing daar op hierdie Huis wag om seker te maak dat ons aan daardie ooreenkoms voldoen.
Wat ons wel het is die koolstofbelasting wat verhoog is. Maar ons weet nie regtig waarheen die verhoging gaan nie. Gaan l dit net in staatskoffers om later net 'n reddingsboei te word? [Tussenwerpsels.]
English: