Agb Voorsitter, dit is so dat wetenskap, tegnologie en innovasie een van daardie dryfkragte agter enige ekonomie is. In 'n ekonomie waar daar nie aandag aan die drie aspekte gegee word nie, kom so 'n ekonomie eintlik tot stilstand. Dit is dus goed dat hierdie en vorige regerings nogal aandag gegee het aan die totstandkoming van 'n hele aantal wetenskaplike instellings, waarvan nie almal in hierdie Ministerie saamgevat is nie, maar wel agt belangrikes. Hierdie agt het elkeen 'n ander agtergrond soos die RGN, die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, maar ook al die ander, wat op die menslike aspek van die ekonomie en die samelewing fokus.
Elkeen het op sy eie manier tot stand gekom en daarom is dit 'n goeie idee om 'n bietjie belyning in die organisasie van hierdie instellings te bring.
Dit is belangrik dat daar deur hierdie wetsontwerp erken word dat daar 'n geweldige skaarsheid - en die komitee het die woord "dearth" [skaarsheid] gebruik - aan vaardighede en kennis op die terrein van wetenskap, tegnologie en innovasie is. As 'n mens kan sien dat daar wel so 'n skaarsheid is, dan is dit eintlik onverstaanbaar dat 'n mens daardie skaarsheid kunsmatig vergroot deur middel van transformasieteikens en swart ekonomiese bemagtiging, deur te s dat soveel persent van die kundiges uit 'n bepaalde seksie van die demografie moet kom.
Dit verslaan eintlik die doelwit, want ons het reeds te min vaardighede. Ons moet elke persoon wat die kennis, die vaardighede of die ervaring het om in hierdie terrein te dien, betrek en verwelkom. Ons moet niemand onwelkom laat voel nie.
Daar is baie keer 'n opvatting aan die regterkant van die Huis, maar partykeer ook aan die ander kant dat, as die VF Plus homself teen swart ekonomiese bemagtiging as 'n ekonomiese maatrel uitspreek, dit is asof die VF Plus s dat swart mense nie in staat is om die werk te doen nie. Dit is baie ver van die waarheid af. Dit is nie die kwessie nie. Dit gaan daaroor dat enige mens, ongeag afkoms, nasionaliteit, opvoeding, ensovoorts, in 'n posisie gestel word, nie op grond van sy vaardighede, kennis of ervaring nie, maar op grond van 'n demografiese profiel.
Verder, as daardie persoon, as gevolg van sy demografiese profiel, ook nie uit die pos vewyder kan word nie, dan is so 'n persoon geneig om nie juis te presteer nie. Verder, 'n ander persoon wat wel oor die kennis, vaardighede en ervaring beskik, maar demografies verkeerd geplaas is, gaan doodgewoon land uit na waar daar 'n behoefte is aan dit wat hy weet.
Wat meer is, van die talle en talle en talle swart persone wat in oorvloed oor die kennis, ervaring en vaardighede beskik om hierdie poste te beklee, is so gesog, want elke staatsonderneming, elke privaatonderneming en elkeen wat sake in hierdie land van ons doen, wil daardie mense h om hul bemagtigingspunte op te stapel en te kan s dat hulle aan die wetlike vereistes voldoen. Dit beteken dat hierdie mense nooit lank genoeg in een pos bly om die ding werklik onder die knie te kry en dit tot sy reg te laat kom nie.
As die VF Plus s dat ons hierdie wetsontwerp ondersteun, maar dat ons dink dit moes verder gegaan het en ook ges het dat swart ekonomiese bemagtigingsteikens uit die terrein van wetenskap en tegnologie gehaal moet word, dan is dit nie omdat ons s dat dit mense is wat nie oor die vaardighede beskik nie. Inteendeel, dit is om erkenning te gee aan almal wat oor hierdie kennis en vaardighede beskik en die vermo het om Suid- Afrika verder te neem.
Mr W M THRING Dr W J BOSHOFF