Dit het werklik nou tyd geword dat hierdie regering die waarde van ons boerdery gemeenskappe moet besef en daardie besef begin uitleef. Dit moet raakgesien word dat hierdie boere 'n konkrete deel van ons land se ekonomie uitmaak. Hierdie boere moet waardeer word en hulle moet gehelp word. Sonder ons boere kan hierdie land nie bestaan nie.