Agb Voorsitter, agb lede, dis 'n voorreg om vandag voor julle te kan staan en terug te kyk op die jaar en wat ons kan erken dat, ten spyte van al die uitdagings wat alle Suid-Afrikaners tot dus ver gehad het, alles ten goede meegewerk het.
Die VF Plus bedank graag al die personeel, die personeel by die Tafel, die vertaaldienste vir hul hoflikheid en die werk wat hulle gedoen het. Ons waardeer dit.