Chairperson, I believe in dreams.
Afrikaans:
In die sestigerjare was ek 'n lid van die polisie wat verantwoordelik was vir die beveiliging van die Eerste Minister. Oppad vanaf Kaapstad na Pretoria het ek vir my vriend in die polisie ges: ...
English:
"One day, I would like to return to Cape Town but not as a policeman. I want to become a Member of Parliament." Fifty years later, my dream came true and I entered the National Assembly. [Interjections.]
There is a saying: Once a policeman, always a policeman.
Afrikaans:
Daarom wil ek vandag aan elke polisieman en polisievrou in hierdie land hulde bring. Die Vryheidsfront Plus sal julle ondersteun sover dit moontlik is.
Ek wil vir u s dat ek vir 40 jaar in die eiendomsbedryf is. Ek beskou myself as 'n grondvlakpolitikus. Ek het gesien hoe plakkerskampe oornag opskiet, maar dit gaan nie net oor
plakkerskampe nie. Nie een van ons in hierdie land wil sien hoe iemand in 'n drie-by-drie sinkgeboutjie sonder water en sonder elektrisiteit moet woon nie. En dan moet hulle nog honger gaan slaap. Ons wil dit nie h nie.
Ek het ook gesien hoe jongmense - alle rasse in Suid-Afrika - wat min geld verdien, maar tog kan bekostig om 'n paaiement op 'n woonhuis te betaal, nie een kan koop nie, want daar word nie voorsiening gemaak daarvoor nie. Ek wil daardie mense ondersteun en wil h dat die regering van die dag planne moet maak om hulle ook te help om hul eie huise te besit.
Ek sal 'n paar voorbeelde noem om die oorsake van die agterstand in behuising te verduidelik. Die eerste voorbeeld is onwettige immigrasie. Mense stroom oor die grense van Suid-Afrika, vanaf Afrika. Dit plaas groot druk op behuising.
Die tweede voorbeeld is korrupsie. Ons hoef nie eens daaroor te praat nie. Ons weet hoeveel miljoene rande in hierdie land verlore gegaan het.
Verder, ons het nie kundige mense nie. Ek het in die Langkloof, die Misgungebied, gesien dat 400 huise wat gebou is tot op die grond afgebreuk is. Dit moes oorgebou word. Dertig kilometer daarvandaan is gelukkige inwoners, want daar was beheer en toesig. Dis een van die mooiste projekte wat ek nog aanskou het en ek wens u kan dit saam met my gaan bywoon.
Ons moet onthou dat behuising 'n groter krisis in Suid-Afrika gaan word as wat ons nou beleef. Een van die redes is die ontvolking van die platteland. Daar is nie werk nie. Mense stroom na die stede. Een van die redes is dat daar geen werk is nie.
Beplanning is baie moeilik. Ek praat dikwels met amptenare van die munisipaliteite. Daar is duisende hektaar plaasgrond om die metros, maar dit vat baie jare om dit te ontkoppel en te hersoneer na residensile eiendom. Dit veroorsaak dat stadsbeplanners nie werklik vooruit kan beplan nie. As gevolg daarvan, beset plakkers dikwels met opset onwettige grond in die hoop dat daar vir hulle dienste voorsien sal word.
Die President van die land het 'n paar maande gelede ges dat hy nie sal toelaat dat grond onwettig beset word nie. Kort daarna het hulle die gebied tussen Uitenhage, Despatch en Port Elizabeth beset. Tussen Uitenhage en die N2 gebeur dieselfde ding. Niks word gedoen nie en die raad swyg. Twee weke later is ek deel van die groep mense wat staan, want hulle brand die pad. Dit veroorsaak polarisasie.
As dit kom by die oplossing van die behuisingsprobleem in Suid- Afrika, sal ons moet wakkerskrik. Wat is die oplossing? Ons moet beter beheer toepas op ons grense.