Ek weet nie of ek kan nie. Ek kan nie. Ons kan kyk of daar tyd oor is aan die einde. Dit het wel daartoe gelei dat mense met gestremdhede eenkant geplaas is, dat hulle uit die gewone samelewing uitgeskuif is en dat dit vir baie gesinne of families 'n verleentheid geword het om te s dat hulle iemand met 'n gestremdheid in die familie het. Daarom stuur hulle hul eerder weg om elders onder gespesialiseerde sorg te wees. Daardie gespesialiseerde sorg mag gespesialiseerd wees, maar dis nie liefdevol nie. Dit is ook nie altyd goed nie.
Nou moet die gemeenskap in hierdie proses waar die staat eenvoudig nie meer die vermo het om die verantwoordelikheid vir almal te neem nie, deelneem. Daarom is dit belangrik dat ons as gewone mense nie net eise stel en skree dat die regering dit of dat moet doen nie, maar gemeenskappe moet moue oprol en saamwerk. Die sielkunde het 'n manier om te kyk na wat die gestremdheid is of wat dit is wat iemand nie kan doen nie. Een sielkundige het gevra wat mense makeer om altyd te vra wat fout met hulle is. Wat is fout met mense dat hulle wil weet wat fout is met hulle. Die positiewe seilkunde fokus op wat mense wel kan doen, omdat elke mens werklik wel iets goeds kan doen.
Gemeenskappe met wetenskaplike kennis toegerus en met 'n onderwysgemeenskap wat toegewy is daaraan om saam te werk kan die waardigheid van mense met gestremdhede herstel, en dit is noodsaaklik.
As agb April in 25 sekondes 'n vraag kan vra sal ek dit graag antwoord.
Afrikaans: