Agb Huisvoorsitter, funksionele gemeenskappe het maniere om mense wat ander vermons as die standaard het te akkomodeer en om hulle in te sluit. Dit is hoe dit is. Met die persoon - soos dit hier genoem word - wat grondliggende intellektuele gestremdhede het kan die klem op die stremming gel word, maar die vermons word buite rekening gelaat. Vir dieselfde prys as wat ons s dat elke mens 'n nasionale bate is, het elke mens bepaalde vermons.
Dit is so dat die moderne wetenskap ons help om hierdie selfs beter te verstaan. Met ander woorde, mens wil nie idealiseer hoe persone met nie- standaard vermons traditioneel hanteer is, asof dit altyd goed en met wysheid hanteer is nie. Die mediese en die sielkundige wetenskap help wel baie om dit beter te verstaan. Ongelukkig, ...