Agb Mcloughlin maak 'n kritieke fout. Die ANC is nie verantwoordelik vir die probleme in Suid-Afrika nie; ANC- beleid is. U beleid beweeg alhoe nader aan die ANC se beleid. [Tussenwerpsels.] Op 8 Mei kan die kieser werklik 'n party kies wat oplossings bied en wat teen die beleid wat vir die probleme verantwoordelik is, terugslaan. Dit is wat nodig is - 'n nuwe beleid, 'n nuwe denkrigting wat werklik die arm mense van armoede verlig. Dankie.