Geagte Speaker, ek weet u is Afrikaans goed magtig. Ek ken u al sedert 1994. Van die VF Plus se kant wens ons u baie hartlik geluk. Ons dink u is die regte kandidaat, en dat u u taak as Speaker van hierdie Huis met gesag, respek, en orde sal uitvoer en weereens die Nasionale Vergadering met die herstel van integriteit sal bestuur.
Baie sterkte.
Die agb Malema het na u verwys. U was 'n soldaat. Ek weet u was 'n regte soldaat; nie soos mense wat maak asof hulle soldate was nie! U het die dissipline en ek glo en ek weet u sal dit handhaaf.
Baie geluk, en baie sterkte!