Agb Voorsitter, Ministers, Lede van die Parlement, gaste op die gallery, die VF Plus neem kennis van die departement se begrotingstoewysing vir die 2019-20 boekjaar, maar wat ons bekommerd maak is die agb Minister se aankondiging die afgelope tyd in die media waar nie- bestaande toerusting deur die Departement van Openbare Werke in stand gehou moet word en dat daar 'n samespanning is tussen amptenare en diensverskaffers met die uithuur van staatseiendom.
Die feit dat die Minister erken het dat die departement deurspek is van korrupsie en bedrog en dat die Spesiale Ondersoekeenheid
en die Valke betrek moet word om hierdie korrupsie te laat uitroei laat alle rooi ligte flikker.
Dit bewys dat, indien die korrupsie nie uitgeroei gaan word nie, die belastingbetaler se swaarverdiende geld maar net weer verder vermors gaan word en in die sakke van misdadigers gaan beland. Die VF Plus sal graag wil sien dat hierdie ondersoeke spoedig geloods word om sodoende te sorg ...
English: