Minister, baie dankie dat u hier is. Baie welkom.
Ek wil met u praat oor Dag Zero, maar nie drdie Dag Zero nie! Die laaste keer toe ons daaroor gepraat het was dit a vreeslike egskeiding wat vreeslike lelike dinge tot gevolg gehad het. Kom ons praat oor Suid-Afrika se Dag Zero.
Ons almal weet dat Suid-Afrika se water krisis gaan ... as dinge nie baie vinnig verander nie en ren nie kom nie, gaan ons 'n krisis h in Suid- Afrika. Dis die algemene siening dat die regering bitter min kan doen om 'n droogte af te weer. Maar daar is maatrels wat geimplimenteer kan word.
Een van die groot sondebokke met die watertekort in Suid-Afrika is munisipaliteite. Kom ek gee 'n voorbeeld. Mangaung Metromunisipaliteit het in die vorige boekjaar 36 miljoen liter
water per dag verloor. Dis so groot soos 'n normale swembad se water per sekonde wat verlore gaan.
Die Nelson Mandelabaai was nog slegter met 131 miljoen liter water per dag.
So, Minister, munisipaliteite is die sondebokke hier, en jou departement kan help sonder dat dit ekstra werkers en salarisse gaan kos, want ons het die Uitgebreide Openbare Werke Program, die sogenaamde Expanded Public Works Program, EPWP, werkers.
My vraag aan jou, Minister, is, sal jy dit oorweeg om jou EPWP werkers gefokus te gebruik? Kom ons noem dit 'n war on wasted water program waar jy EPWP werkers gebruik om hierdie waterlekasies in ons munisipaliteite reg te maak sonder dat dit ons te veel geld kos.