Agb Huisvoorsitter, die VF Plus verwelkom die ooreenkoms wat bereik is tussen die Suider-Afrikaanse Doane Unie en Mosambiek aan die een kant, met die Vereenigde Koninkryk - wat tans nie so vereenigd is nie!
Wanneer Brittanje dus die Europese Unie sou verlaat, sal die ekonomiese vernootskapsooreenkoms van 2016 tussen die suider-Afrikaanse blok en Brittanje verleng word. Handel tussen Suid-Afrika en Brittanje het in 2018 tot meer as R100 miljard gestyg en moet beskerm word. Dankie.