Agb Huisvoorsitter, die rol wat die Departement van Binnelandse Sake moet vervul om die identiteit van Suid-Afrikaanse burgers te beskerm, die migrasie van mense te reguleer en ook die land se internasionale verpligtinge na te kom, wat bewegingsregulering betref, moet nie onderskat word nie.
Hierdie mandaat staan sentraal in binnelanse veiligheid as ook die beskerming van Suid-Afrikaanse burgers wat in die buitekand reis.
English:
The three overarching budget programmes through which the department's mandate is at most rated namely; administration, citizen affairs and immigration affairs can only succeed if they coexist in synergy.
Afrikaans:
Te oordeel aan talle klagtes van die publiek, neem aansoeke van reisdokumente in heelwat gevalle, soms maande of geen terugvoering word ontvang deur die amptelike kanale op die departement se webwerf nie. Ons
ontvang weekliks talle klagtes van die publiek wat doodgewoon geen reaksie op hul navrae ontvang nie.
English:
The administration should be able to support the citizens' programme to provide accessible services and documents for citizens and lawful residents and immigration affairs should be able to regulate foreign visitors and enforce immigration legislation and deportations.
Afrikaans:
Die departement bedryf sy sake so, dat hy tans regseise van meer as R2 miljard, vanwe swak dienslewering in die gesig staar. Die departement erken self dat hy nie oor die kapasiteit beskik om immigrasiewetgewing te polisieer nie, met spesifieke verwysing na die heersende oproer onder onwettige immigrante by die Verenigde Nasieskantore, VN-kantore, in Pretoria en in Kaapstad nie. Die VF Plus ondersteun nie die verslag nie.