Dankie Voorsitter. Met hierdie wysiging aan die wet sal Suid-Afrikaners nou uiteindelik weet waar politieke partye se skenkings vandaan kom. In 'n demokrasie is deursigtigheid nie net beperk tot die stembus nie maar dit is ook belangrik om te weet hoe skenkings ons politieke landskap beinvloed. Hierdie beginsel moes 'n gegewe gewees het maar dit het 'n hofuitspraak geverg om te verseker dat Suid-Afrikaners weet wie ons politieke partye deur skenkings befonds.