Chair, I will speak in both Afrikaans and English, so members can make use of the interpreting service.
Afrikaans:
Voorsitter, namens die VF Plus stel ek sonder kennisgewing voor:
Dat die Raad-
1) kennis neem dat nog een van ons boere die afgelope Sondag,
24 November, naby Wolmaranstad in die Noordwes Provinsie aangeval en koelbloedig vermoor is, terwyl sy vrou wreed aangerand was, getraumatiseerd en as weduwee agtergelaat is;
English:
2) notes that food security in South Africa is currently under siege as a result of drought and our farming community which is under constant threat;
3) further notes that the Minister of Police and the MECs of Public Safety in all provinces are urged to prioritise crime prevention and the safety of our people;
4) also notes that it is unacceptable that hard working and God- fearing people are being stalked and slaughtered like animals while government doesn't seem to notice this inhumane acts of brutality;
Afrikaans:
Die regering besef nie watter belangrike bydrae die boerdery gemeenskap tot die land se ekonomie maak nie. Hulle is die ruggraat van die platteland se ekonomie.
Genoeg is genoeg. Die VF Plus doen 'n beroep op die gemeenskappe om by veiligheidstrukture in te skakel en hulself binne die raamwerk van die wet te beveilig en te verdedig.
Mag die Liewe Vader elke familie asook hul werkers wat deur die plaasaanvalle geraak is, gedurende hierdie tyd bystaan en versterk. Mag die Liewe Vader gee dat ware geregtigheid sal geskied.
Ons mense kan egter nie nou gaan l nie. Ons voorouers het gewerk, gesneuwel, opgestaan na vele terugslae, voortgebeur en aangehou. Ons kan nie hierdie nalatenskap waarvoor hulle bloed gestort het, verlore laat gaan nie. Daar is steeds hoop. Ons dien 'n almagtige God: die God wat ons voorouers beskerm en gedra het. Hierdie is die tyd vir ons mense om hande te vat, om saam te staan ...
English:
Can I urge hon members to, please, not take this opportunity to make a speech.
It is not a speech, hon Chair, I have three minutes.
In closing ...
Afrikaans:
Daar is steeds hoop. Ons dien 'n almagtige God. Dieselfde God wat ons voorouers beskerm en gedra het ... Hierdie is die tyd vir ons om
hande te vat, saam te staan, en ons saak by ons Vader te bepleit. Dankie.
There is the motion. Is there any objection to it? [Interjections.] Yes, so the motion will not be proceeded with and will become notice of a motion.
Chair, by the House not agreeing that the Minister of Police and the MECs prioritising the brutality, they are, in effect, saying that what is currently happening to the people of South Africa is correct.
Thank you very much! Thank you very much! Hon Londt.
(Draft Resolution)
Chairperson, I hereby move without notice:
That the Council-
1) congratulates the Mossel Bay Municipality rugby team on winning the South Western Districts Municipal Challenge Series;
Afrikaans:
Hierdie nuwe reeks was vanjaar vir die eerste keer gehou nadat die SA Rugby Unie, Saru, die Suidwestelike Distrikte, SWD, unie gevra het om die loodsprojek te bestuur. Die kompetisie was baie goed ondersteun deur gemeenskappe van regoor die Tuinroete, asook 'n span vanuit die Sentraal Karoo.
Gedurende die kompetisie het die Mosselbaai Munisipaliteit, verskeie besighede en gemeenskappe hande geneem met die spelers om die sukses van hierdie toernooi te bewerkstellig.
Mosselbaai Munisipaliteit het in die finaal die George Munisipaliteit verslaan om die eerste munisipale uitdaagreeks se gemeenskapsbeker afdeling te wen.
Ek versoek dus dat die Huis hul gelukwensing en dank oordra aan die gemeenskappe, die besighede, asook die munisipale rolspelers wat bydraes gelewer het tot die suksesvolle kompetisie.
English:
2) and that we thank all participating teams and coaches for the commitment they have shown throughout, with a special acknowledgment and congratulations to the team from Mossel Bay that ensures that we will have the bragging rights next year.
Motion agreed to in accordance with section 65 of the Constitution.