Jy leer van kleins af al om sleutels in hou hand te hou as 'n wapen. Jy leer om pepper spray [pepersuit] in jou handsak of skooltas te hou. Jy weet jy moet in groepies toilet toe gaan en dat jou vriendinne jou drankie moet oppas, want dit gaan dalk "gespike" word nie. Jy leer dat jy by die ingang van 'n winkelsentrum moet parker, want om die duister, donker hoekies van 'n parkeerarea aan te durf, is net te gevaarlik. Maar genoeg is nou werklik waar genoeg.