Speaker, voorverlede Woensdag is Alisa Botha, 13 jaar oud, in haar ouerhuis in Muldersdrift doodgeskiet. Haar pa, Anton, is tydens dieselfde aanval in die maag geskiet en haar ouer sussie, Megan, in die been. Hulle selfone is gevat. Binne 'n week is Andr Jordaan, drie huise verder, in sy maag, arm en been geskiet vir sy selfoon. Hy het sedertdien aan sy wonde beswyk.
Hierdie twee insidente is die jongste in 'n vlaag van geweldsmisdaad wat die Muldersdriftgemeenskap die afgelope tyd teister. 'n Totaal van 93% van huishoudings in een straat was onlangs slagoffers van geweldsmisdaad. Muldersdrift staan nou bekend as die "Wilde Weste".
Wat verder kommerwekkend is, is dat vyf verdagtes wat aangekeer was weer vrygelaat is, want die nasionale vervolgingsgesag s dat daar nie genoeg bewyse is nie. Dit lei tot vrae oor die gehalte van ondersoek- en speurwerk van die plaaslike polisie, asook oor misdaadintelligensie aan die Wesrand.
Talle oproepe vir landelike beskermingseenhede is al gemaak, maar wanneer gaan die Minister die planne implementeer? (Translation of member's statement follows.)
[Ms A M DREYER (DA): Speaker, on Wednesday, the week before last, Alisa Botha, 13 years of age, was shot dead in her parent's house in Muldersdrift. Her father, Anton, was shot in the stomach during the same attack and her older sister, Megan, in the leg. Their cellphones were taken. Within that same week, Andr Jordaan was shot in his stomach, arm and leg three houses further down the road for his cellphone. He has since died of the wounds he sustained.
These two incidents are the latest in a spate of violent crimes which have afflicted the community of Muldersdrift during recent times. A total of 93% of households in a street recently fell victim to violent crimes. Muldersdrift is now known as the "Wild West."
What is also perturbing is that five suspects who had been apprehended were freed again, because the National Prosecution Authority maintains that there is not sufficient evidence. This gives rise to questions about the quality of the investigation and detective capabilities of the local police, as well as Crime Intelligence on the West Rand.
Many calls for rural protection units were made, but when will the Minister implement the plans?]