Agb Speaker, op 22 Mei 2008 het ek in 'n verklaring in hierdie Huis ges die ANC pluk die wrang vrugte van die mislukkings van sy regering.
Een van die baie mislukkings is die versuim om wet en orde te handhaaf. Die mislukking om geweldsmisdaad in Suid-Afrika onder beheer te kry, veroorsaak dat mense hulle tot geweld wend sonder die vrees dat hulle gearresteer en suksesvol vervolg sal word.
Almal is nou skielik verbaas oor Marikana. Die VF Plus het gewaarsku dat die geweldadigheid wat met stakings en protesoptogte gepaardgaan op die ou end anargie sal skep. Die VF Plus waarsku die regering vandag weer 'n keer.
Die geweldadigheid van die stakings in die sekuriteitsbedryf in 2006, waarin 64 mense dood is, die staatsdiensstaking van 2011, waartydens pasinte in hospitale gesterf het omdat gesondheidswerkers nie gewerk het nie, en gister se protes op die N1 by Touwsrivier, waar motors en vragmotors met klippe bestook is, is verdere voorbeelde van di tipe geweldadigheid.
Gister is bestuurders beseer en besteel. Vragmotors se seile is afgeskeur, die vrag is gebuit - en slegs een persoon is gearresteer. Is dit hoe wet en orde gehandhaaf word? Die onskuldige publiek het niks hiermee te doen nie, maar hulle is die slagoffers.
Die ANC skep die kultuur van geweld in Suid-Afrika. Hy het dit voor 1994 geskep en skep dit steeds. Ons pluk nou die wrang vrugte van 'n vorige Minister van Polisie, Charles Nqakula, wat vir my ges het ek moet ophou kla oor misdaad in Suid-Afrika of die land verlaat. Die ANC regering moet besef wat hy saai, sal hy maai. (Translation of Afrikaans member's statement follows.)
[Mr P J GROENEWALD (FF Plus): Hon Speaker, on 22 May 2008 I made a statement in this House that the ANC was reaping the bitter fruits of the failures of its government.
One of these many failures is the inability to uphold law and order. The failure to curb violent crime in South Africa has resulted in people resorting to violence without fear of being arrested and prosecuted successfully.
Everybody is suddenly surprised about Marikana. The FF plus has warned that strikes and protests accompanied by violence will eventually lead to anarchy. Today, the FF Plus is warning government about this yet again.
The violent nature of the strikes in the security industry in 2006, during which 64 people died, the Public Service strike in 2001, during which patients died in hospitals because health workers did not perform their duties, and yesterday's protest action on the N1 at Touws River, where cars and trucks were bombarded with stones, are further examples of this sort of violence.
Yesterday, drivers were injured and robbed. The canvas was torn off trucks, the cargo was looted - and only one person was arrested. Is this how law and order is upheld? The innocent public have nothing to do with this, but they are the victims.
The ANC is creating a culture of violence in South Africa. It did so before 1994 and is continuing to do so. We are now reaping the bitter fruits of a former Minister of Police, Charles Nqakula, who told me that I should stop complaining about crime in South Africa, or leave the country. The ANC needs to realise that it will reap what it sows.]